Opbergingsektor neem voortou om kostestygings meer akkuraat deur te gee

Opbergingsektor neem voortou om kostestygings meer akkuraat deur te gee

Opbergingsektor neem voortou om kostestygings meer akkuraat deur te gee

Opbergingsektor neem voortou om kostestygings meer akkuraat deur te gee


Fabriekspryse en die produksieprysindeks (PPI) het volgens Statistieke Suid-Afrika (Stats SA)_ gedurende Mei ‘n vyf-jaarhoogtepunt met ‘n jaar-op-jaar styging van 7,4% bereik.  Die faktore wat die grootste bydrae tot die jaarliks inflasie maak, soos deur die PPI gemeet, was die toename in die prys van kwik, petroleum, chemikalieë, rubber, plastiekprodukte, voedselprodukte, drank, tabakprodukte, metaal, masjinerie, toerusting en rekenaartoerusting.  Die prys van dié goedere het gesamentlik met 17% toegeneem.  Hoër oliepryse het ook ‘n groot bydrae tot prysstygings gemaak.

Hierteenoor het voedselinflasie in Mei 7,3% beloop. Die faktore wat dus die grootste bydrae tot inflasie gemaak het is nie die tipiese kostekomponente wat stoorkostestygings bepaal nie.  Toenames in die opbergingskoste van opbergers het dus nie tot die kostestygings in voedsel bygedra nie.

Hou in gedagte dat die JSE die produksieprysindeks gebruik om die jaarlikse styging in stoorkoste vir voorraad op JSE-silosertikate mee aan te pas.

Die PPI, VPI en ‘n stoorkoste-indeks vergelyk as volg;

Verbruikersprysindeks

Produksieprysindeks

Stoorkoste-indeks*

Het betrekking op verbruikers se lewenskoste

Het betrekking op firmas se produkpryse

Het betrekking op graanstoor-insetkoste

Mandjie bestaan uit verbruikersgoedere en dienste

Mandjie bestaan slegs uit goedere (geen dienste nie)

Mandjie bestaan slegs uit spesifieke stoor-insetkoste items soos arbeid, instandhouding, depresiasie, elektrisiteit ens.

Kapitaal en intermediêre goedere word uitgesluit

Kapitaal en intermediêre goedere word uitgesluit

Kapitaal word ingesluit (deur voorsiening vir depresiasie en rente)

Pryse sluit BTW in

Pryse sluit BTW uit

Pryse sluit BTW uit

Rentekoerse word in berekening gebring

Rentekoerse word uitgesluit

Rentekoerse word ingesluit

Pryse van ingevoerede goedere word nie uitdruklik aangedui nie

Pryse van ingevoerde goedere word uitdruklik aangedui

Pryse van ingevoerde goedere het ‘n indirekte impak (deur bv. toerusting en voertuie)


Bronne: Mohr en Fourie (2004) en Buro vir Ekonomiese Ondersoek (2021) 


*Die PPI is soos die VPI ‘n uitsetkoste-indeks. Die PPI word by die “fabriekshek” gemeet waar produkte aan die groothandel verkoop word terwyl die stoorkoste-indeks anders is, dit is ‘n unieke ‘n insetkoste-indeks.

Waarom sou die opbergingsektor ‘n indeks ontwikkel indien daar reeds ekonomiese aanwysers is wat inflasie aandui soos die produksieprysindeks?

·      Die PPI reflekteer nie die werklike styging of daling in stoorkoste nie.  Indien die PPI oor ‘n sekere tydperk aansienlik meer sou styg of daal as die werklike stoorkoste en die aanwysers gebruik sou word om voorsiening te maak vir stygings in stoorkoste, gee dit nie noodwendig die kostestyging deur wat op stoorkoste van toepassing is nie.

·       Die stoorkoste-indeks se styging kan waarskynlik vanjaar kleiner wees as die styging in die produsenteprysindeks wat die JSE gebruik.  Tog voeg dit steeds waarde toe omdat dit ‘n ware weergawe is van die stoorkoste in die opbergingsektor.

·      Die mandjiekoste-items wat vanjaar die groot styging in die PPI veroorsaak het, het min met stoorkoste en die opbergingsektor te doen.  ‘n Indeks wat ‘n aanduiding gee van die stoorkostestygings en wat van die PPI verskil is dus uiters relevant omdat dit meer deursigtigheid vir beide die opberger en sy kliënte en produsente meebring.

·     Met die ontwikkeling en gebruik van ‘n insetkoste-indeks vir die opbergingsektor het die sektor ‘n unieke norm wat potensiële kostestygings aan kliënte bekend maak en ‘n goeie verteenwoordigende syfer deurgee.

·      Die indeks is net ‘n aanduiding van stygings in stoorkoste en dit staan opbergers en die JSE vry om steeds enige aanpassing in stoorkoste deur te gee.  Hou egter ook in gedagte dat die indeks wat ontwikkel word van toepassing is op JSE-stoortariewe omdat die opname van stoorkoste net by opbergers wat as leweringspunte by die JSE geregistreer is, gemaak word.

·     Dit bly ‘n goeie ekonomiese beginsel vir ‘n sektor om sy eie koste-indeks te hê. Dit sou nie regverdig wees om byvoorbeeld ‘n styging in stoorkoste op die PPI van 7,4% te baseer en dit so aan produsente deur te gee nie.  Niemand, en veral nie produsente nie, sal gemaklik wees om kostestygings te absorbeer wat op ‘n indeks gebaseer word met koste-items wat weinig met stoorkoste te doen het.

·     Wanneer ‘n opberger doeltreffender is en byvoorbeeld sy arbeid baie meer doeltreffende bestuur of instandhoudingskoste kan verlaag, of alternatiewe energiebronne gebruik en duur Eskomtariewe uitskakel, behoort die voordeel dan ook na die produsent deurgegee te word in die persentasie wat gebruik word om stoorkoste jaarliks mee aan te pas.

·     Met ‘n objektiewe en onafhanklike bepaling van ‘n stoorkoste-indeks kan ‘n opberger die stygings in sy opbergingskoste regverdig.  Die stoorkoste is dus nie net ‘n syfer wat uit die duim gesuig word en jaarliks persentasiegewys op grond van die PPI aangepas word nie.

Met die ontwikkeling van ‘n stoorkoste-indeks differensieer die opbergingsektor hulself van ander sektore om nie ekonomiese aanwysers ongekwalifiseerd te gebruik nie.  Die opbergingsektor neem leiding met hierdie inisiatief.  Dit gaan toenemend van ander sektore verwag word om dieselfde te doen en hul eie indekse vir deursigtigheid te ontwikkel. Agbiz Grain slaan die regte in om sodoende te demonstreer dat stygings in stoorkoste meer deursigtig gaan wees.

Die indeks stel opbergers en produsente dus in staat om ‘n ingeligte gesprek te voer oor die jaarlikse stygings in stoorkoste.  Indien die JSE die stoorkoste-indeks ook sou gebruik, sal die jaarlikse styging in die JSE-stoorkostes ook vir die hele mark duidelik wees.

Wessel Lemmer, algemene bestuurder, Agbiz Grain

Jerry Maritz, besturende direkteur, AFGRI Grain Management

Nicolaas van der Wath, ekonoom, Buro vir Ekonomiese Ondersoek