Jeug

Maak A-raam om gronderosie te verhoed

Maak 'n A-raam, merk kontoere en verhoed so gronderosie: 

Gronderosie is 'n ernstige probleem in Suid-Afrika.  Die oplossing kan so eenvoudig wees soos om ‘n veld langs die kontoer te ploeg - maar nie op en af met die helling nie.  So word die afloop van water beperk en kry plante dus meer water om te groei.  Die identifisering van die kontoerlyne in jou veld is egter duur, tensy jy gebruik maak van 'n A-raam en dit self doen. Dit het gewerk vir die Egiptenare toe hulle piramides gebou het.  Hier is 'n “Virtual Reality”-simulasie wat wys hoe om 'n A-raam te maak en te gebruik.