Jeug

Landbou is lekker

Die Peterson Farm Broers se YouTube kanaal het in November 2011 begin met 'n video wat die hele familie betrek by name "Wheat Harvest on a Real Family Farm in Kansas."

In Mei 2012, het Greg 'n idee gehad om 'n parodie musiek video saam met sy broers te maak om hulle stadsvriende in te lig oor boerdery. Die video is gedurende Junie verfilm en aan die einde van die maand uitgesaai. Dit is getiteld "I'm Farming and I Grow It" en was 'n parodie van die liedjie "I'm Sexy and I Know It" deur LMFAO. Die liedjie was 'n virale treffer op YouTube en het binne 2 weke meer as 5 miljoen aanhangers in meer as 200 lande gehad. Sedertdien het hulle nog video's gemaak.

Die Peterson Farm Bros het teen einde 2014 in totaal 8 parodieë opgeneem asook baie ander videos oor die lewe op die plaas.Besoek die Peterson Farm Bros se webwerf http://www.petersonfarmbros.com/ en kyk na hulle YouTube skakel. 

Parodie musiekvideo's oor landbou

Farmer Style (Gangnam Style Parody) deur Peterson Farm Bros

I'm Farming and I Grow It (Parody Song) deur Peterson Farm Bros

Chore (Roar Parody) deur Peterson Farm Bros

A Fresh Breath of Farm Air (Fresh Prince Parody) deur Peterson Farm Bros