Graankwaliteit

Vereistes vir graanuitvoere

Spesifieke riglyne vir die invoer van mielies vanaf Suid Afrika is saamgestel vir nuwe kopers van Suid-Afrikaanse mielies. Graan silo's in Suid-Afrika wat wil graan uit voer, moet voldoen aan die standaarde en prosesse wat in lyn is met internasionale voedselveiligheid wetgewing.

Eerstens moet hulle registreer as 'n Voedsel Besigheid Operateur (FBO) by die nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. Dit behels die voldoening aan internasionale standaarde vir die uitvoer van graan.

Volgens die voedselveiligheid wetgewing van 2005, moet al die voedsel produsente wat sake doen in die voedselketting te voldoen aan die minimum standaarde vir voedselveiligheid voldoen. Hierdie standaarde en regulasies vereis dat voedsel-produkte hanteer word onder higiëniese toestande, die toepassing van goeie hantering en boerderypraktyke, deur al die fases van die ketting.

Voedselveiligheid oudits word deur die Beheerraad op die Uitvoer van Bederfbare Produkte onderneem om die prosesse en die bewaring van dokumentasie op silo vlak te evalueer. ‘n Silo wat suksesvol geëvalueer word, ontvang ‘n sertifikaat van nakoming.

Die HACCP (Hazard Analysis and Critical Control Points) riglyne waarvolgens silo's geëvalueer word is: Inname beheer en berging, watervoorsiening en die lokaliteit van die stoor fasiliteit, higiëne en veiligheid, beroking chemikalieë, instandhouding en sanitasie, beheer van die bedryf, opleiding en versending beheer.

Die algemene standaard van 'n FBO-geregistreerde silo weerspieël die beste praktyke in die graan silo bedryf. Sulke silo's is beslis aan die voorpunt van geskikdheid vir uitvoere.

Die grootste voordeel is dat die plaaslike koper se produk voldoen aan dieselfde hoë internasionale standaarde.